Welkom by jou eerste stap na hoop en genesing

Belinda Bothma

Funksionele Terapeut / Berader

Ek is Belinda Bothma, ’n geregistreerde berader in Benoni

As die stigter van Met Hart & Hoop is my passie gewortel in die begeleiding van individue deur die kompleksiteite van die lewe. Ek is ’n funksionele terapeut, ekometriese spesialis, hulp maatskaplike werker en het opleiding in spelterapie, gevorderde trauma berading en ’n Baccalaureus in Teologie. Met hierdie agtergrond bring ek ’n holistiese benadering tot elke sessie, wat fokus op die integrasie van emosionele gesondheid, persoonlike waardes en praktiese strategieë. Ek glo dat elke mens die kapasiteit het vir groei, mits hulle in ’n veilige, oordeelvrye omgewing geplaas word, sodat jy met hernude hoop en duidelikheid vorentoe kan beweeg.

My Filosofie

Ek benader berading vanuit ’n Christelike wêreldbeskouing, maar verwelkom individue van alle agtergronde. My fokus is om saam met jou te loop, met empatie as kompas en hoop as anker. Elke sessie is hartgesentreerd, en ek werk daartoe om ’n veilige en ondersteunende ruimte te skep waar jy jou storie kan deel, genesing kan ervaar en nuwe perspektiewe kan ontdek.

Passiegebiede

Ek het ’n besondere belangstelling in die begeleiding van kinders deur uitdagende emosionele fases, insluitend die rouproses na verlies, angsbestuur, woede-uitbarstings en die ontsluiting van hul persoonlike potensiaal deur ekometriese assesserings. My doel is om elke kind ’n veilige en ondersteunende ruimte te bied waar hulle kan groei, verstaan en genesing kan ervaar.

My Visie & Misie

By Met Hart & Hoop streef ons daarna om ’n ruimte te wees waar mense God se hart vir hulle kan ontdek – ’n plek waar genesing, groei en nuwe hoop begin. Die doel is om individue, gesinne en gemeenskappe te ondersteun sodat hulle emosioneel, geestelik en verhoudingsmatig kan groei en hul volle potensiaal kan leef. Ek bied professionele berading as kern van ons bediening, en skep ook breër ruimtes vir ondersteuning, begeleiding en inspirasie. Deur berading, ekometriese assesserings, werkswinkels, motiveringspraatjies, skryfwerk en digitale inhoud help ons mense om hul stories te verwerk, nuwe perspektiewe en hoop te ontdek, gesonde verhoudings te bou, geestelik en emosioneel te groei, en toegerus te wees vir die uitdagings van die lewe.