Berading
Berading is ‘n reis na jouself. By “Met Hart en Hoop” bied ek ‘n professionele dog hartlike ruimte waar jy gehoor, verstaan en ondersteun word in jou soeke na heelheid.
Individuele Berading
Individuele berading bied ’n ruimte waar jy vrylik kan praat oor wat in jou lewe aangaan. Dit kan help wanneer jy oorweldig voel, deur ’n moeilike tyd gaan of net iemand nodig het wat luister en saam met jou dink.
Ek help mense met onder andere:
- spanning en oorweldiging
- emosionele uitputting of moedeloosheid
- verlies en rou
- identiteit en selfwaarde
- lewensoorgange en moeilike besluite
Trauma Berading
Trauma berading fokus op mense wat seer of uitdagende ervarings beleef het en ondersteuning nodig het om dit te verwerk. Trauma kan op baie maniere voorkom, byvoorbeeld:
- Kapings, rooftog of aanrandings
- Gesinsgeweld of mishandeling
- Ernstige ongelukke of natuurrampe
- Persoonlike verlies of die dood van ’n geliefde
- Seksuele aanranding of ander vorme van misbruik
- Skielike lewensveranderinge wat angs of spanning veroorsaak
Ek gebruik die Trauma Incident Reduction (TIR) metode, wat veral effektief is vir kinders en jongmense. TIR help om traumatiese ervarings op ’n veilige en gestruktureerde manier te verwerk. Dit beteken dat mense nie die pynlike gebeurtenisse weer in detail hoef te herleef nie, maar tog die emosionele spanning kan loslaat en genesing kan ervaar.
Spelterapie
Kinders kan nie altyd hul emosies in woorde uitdruk nie. Spelterapie help daarom kinders om deur spel en kreatiewe aktiwiteite hul gevoelens te verwerk.
Spelterapie is nie net vir kinders nie… Met hierdie sessies werk ons in die hier en die nou. Selfs volwassenes vind baat by hierdie wonderlike tegniek.
Spelterapie kan help met:
- emosionele spanning
- aanpassing by verandering
- trauma of moeilike ervarings
- selfvertroue en emosionele ontwikkeling
Berading vir Paartjies
Verhoudings gaan soms deur moeilike seisoene. Berading kan help om kommunikasie te verbeter, mekaar beter te verstaan en weer nader aan mekaar te groei.
Onderwerpe waarmee ek paartjies help sluit in:
- kommunikasieprobleme
- konflik en spanning
- vertroue en emosionele afstand
- voorbereiding vir ’n nuwe fase in die verhouding
Narratiewe Berading
Narratiewe berading help mense om hul lewensverhaal vanuit ’n nuwe perspektief te sien. Dit help om probleme te verstaan sonder dat dit ’n persoon se identiteit definieer, en om nuwe moontlikhede vir die toekoms te ontdek.
Pastorale begeleiding bied ’n ruimte waar geloof en emosionele ondersteuning saam kan werk. Dit kan mense help om sin te maak van hul ervarings en nuwe hoop te ontdek vanuit ’n geloofsperspektief.
Aanlyn Berading
Kry vertroulike berading direk van jou eie huis. Ons sessies via video of gesels is gemaklik, veilig en bied dieselfde kwaliteit ondersteuning as by ’n kantoor. Aanlyn berading is ideaal vir volwassenes wat nie in die omgewing woon nie, of vir wie vervoer moeilik is, en dit maak dit moontlik om gereeld ondersteuning te ontvang sonder om jou skedule of gerief in te boet.
Ek help jou om spanning, emosionele uitdagings, lewensveranderinge en ander uitdagings in die lewe op ’n praktiese en realistiese manier aan te spreek. Ons werk saam om insig te kry, strategieë te ontwikkel en sterker, gesonde gewoontes te bou, alles binne die gemak van jou eie ruimte.
Dienste
Kontak My
+27 73 835 5084
Belinda@methartenhoop.co.za
19 Negende Laan, NorthmeadBenoni Gauteng, 1501