Ander Dienste
Holistiese Ondersteuning vir Lewenspad en Verhoudings
Buiten individuele berading bied ek gespesialiseerde dienste wat fokus op groei, viering en die verdieping van menslike konneksie. Van werkswinkels tot die amptelike bevestiging van jul liefde.
Werkswinkels
Ek bied verskeie praktiese en insiggewende sessies aan om emosionele intelligensie, veerkragtigheid en selfvertroue te bou. Hierdie sessies is ideaal vir groepe wat op soek is na toepaslike gereedskap vir innerlike gesondheid.
Voorbeelde sluit in:
- Skoolpersoneel-sessies: motivering, spanbou, streshantering en professionele ontwikkeling
- Kinderkerk-opleiding en geestelike leierskap vir kinders
- Tema-gebaseerde werkswinkels vir kinders en volwassenes (bv. selfvertroue, konflikhantering, emosionele gesondheid)
- Jeugmentor-sessies: probleemhantering, besluitneming en doelwitstelling
- Oueropleiding en gesinsvaardighede: ondersteuning in kommunikasie, disipline en emosionele ontwikkeling
- Leierskap- en professionele vaardigheidsessies vir tieners en jong volwassenes bv leierskap kampe, ens
- “Mindfulness”- en spanningsbestuur sessies vir skole, werksplekke en gemeenskapsgroepe
- Kreatiewe en kunsgebaseerde werkswinkels om selfuitdrukking en selfbewustheid te bevorder
Motiveringspraatjies
Ek bied opbouende en inspirerende praatjies wat ontwerp is om saam te lag, saam te werk en praktiese vaardighede te bou. Deelnemers kry die kans om ander/nuwe insigte te kry, nuwe perspektiewe te ontdek, en met energie en positiewe motivering vorentoe te beweeg.
Hierdie geleenthede is ideaal vir skole, kerke en gemeenskapsgroepe, en sluit byvoorbeeld in:
- Damesoggende – kreatiewe samehorigheid, inspirasie en lekker saamkuier
- Ma- en dogterdae – verbind gesinne deur prettige aktiwiteite en betekenisvolle gesprekke
- Gesinsfunksies – spanbou, samewerking en praktykwenke vir gesonde verhoudings
- Skoolgeleenthede – motivering vir personeel en leerders, spanbou en kreatiewe leeraktiwiteite
- Jeug- en kinderaktiwiteite – gesinsdienste, kinderdienste, jeugdienste ens
Elke geleentheid kan spesifiek aangepas word vir die groep se behoeftes en sluit aktiwiteite in wat deelnemers betrek, laat lag en praktiese vaardighede ontwikkel. Die fokus is op positiewe groei, saamwerk en waardevolle herinneringe wat mense saambring.
Huwelike
Ek hanteer jul spesiale dag met die nodige deernis en professionaliteit. ‘n Seremonie wat jul unieke liefdesverhaal eer. Dit sluit in die voorhuwelikse begeleding waar ons ‘n fundament bou wat hou. Ons kyk na waardes, verwagtinge en konflikhantering om julle voor te berei vir ‘n leeftyd saam.
Dienste
Kontak My
+27 73 835 5084
Belinda@methartenhoop.co.za
19 Negende Laan, Northmead, Benoni, Gauteng, 1501